genoeg vir 4 – 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 225 g chorizo-wors, baie fyn blokkies gesny
  • 30 ml gerookte paprika
  • 10 ml gedroogde brandrissie
  • 1 hand vol vars koljander, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g sagte botter
  • 1 groot hoender
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 30 ml sjerrie-asyn

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, knoffel en chorizo-wors by. Roerbraai 5 minute of tot ui sag raak. Verwyder van hitte en roer paprika, brandrissie en koljander by. Geur mengsel goed met sout en peper. Laat afkoel. Meng sagte botter by mengsel. Maak vel op borskant van hoender met vingerpunte los. Skep vulsel onder die vel in en versprei eweredig. Bind agterbene aan mekaar vas met kombuistou. Plaas in oondroosterbak en gooi tamaties en asyn oor. Geur weer goed met sout en peper. Maak pan toe met foelie en rooster toe vir 60 minute. Haal foelie af en rooster verder vir 30 minute of tot hoender goudbruin en gaar is. Sit voor.