Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 30 minute

• 4 groot aartappels met skil

• 2 x 170 g-blikke tuna, gedreineer

• 250 g crème fraîche/ suurroom

• 100 g mozzarella-kaas, gerasper

• 20 g pecorino-kaas, gerasper

• hand vol pietersielie en grasuie, gekap

• 1 ui, fyngekap

• 45 ml mayonnaise

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• gerasperde skil van

1 suurlemoen

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 45 ml olyfolie

• 40 g bronkors (watercress)

• ekstra grasuie, gekap

Verhit oond tot 220 °C. Plaas aartappels in mikrogolfbak met deksel. Voeg 100 ml kookwater en ’n knippie sout by aartappels en sit deksel op. Stoom 15 minute in mikrogolfoond op 100% krag. Plaas tuna, crème fraîche of suurroom, mozzarella- kaas, pecorino-kaas, kruie, ui, mayonnaise, knoffel en suurlemoenskil saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper en meng. Verwyder aartappels uit mikrogolf en plaas op ’n bakplaat. Sny ’n kruis aan die bopunt van elke aartappel. Gebruik ’n lepel en skep van die aartappel uit om ’n holte te maak vir die vulsel. Vul met tunamengsel en sprinkel olyfolie oor. Plaas in oond en oondbraai 25 minute tot sag. Sit voor met bronkors en grasuie.