4 porsies

  • 2 rooi soetrissies
  • 60 g (60 ml) botter
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 2 ansjovis-filette, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 8 kappertjiesade, fyngekap
  • 10 ml olyfolie
  • 750 g calamari-buise
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Brand die soetrissies oor ’n vlam tot swart. Plaas onmiddellik in ’n plastieksak en laat staan. Verhit botter in pan en voeg suurlemoenskil, sap, ansjovis-filette, knoffel en kappertjiesade by. Verwyder van hitte en laat staan vir sowat 30 minute sodat die geure kan deurtrek. Trek velle van soetrissies af en verwyder pitte. Sny in repe. Verhit olyfolie in ’n pan tot dit begin rook. Braai dan calamari tot bruin. Voeg bottermengsel en soetrissies by. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.