(2 porsies)

  • 2 stokvisfilette
  • 15 ml olyfolie
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 1 blik (400 g) cannellini-bone, gedreineer
  • 200 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 1 vinkelknol, in stukke gesny
  • 15 ml pietersielie
  • sap van 1 suurlemoen

Bedruip die vis met die olyfolie en geur met sout en peper. Knip twee groot stukke bakpapier uit. Plaas die vis op die bakpapier op 'n groot bakplaat. Stapel die bone, tamaties, vinkelstukke en pietersielie bo-op die vis en gooi suurlemoensap oor. Vou die vis en vulsel in die bakpapier toe sodat dit soos 'n pakkie lyk. Bak teen 200 °C vir 15-20 minute. Garneer met vinkel-takkies.