Braai die steurgarnale net voor jy dit voorsit.

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 10 steurgarnale, skoongemaak maar steeds met kop en dop
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie en botter saam in pan. Voeg steurgarnale en knoffel by. Braai tot die dop van die steurgarnaal pienk is, dan weet jy dis gaar. Geur met sout en peper.