(Genoeg vir 4)

  • 250 g gladde roomkaas
  • 1 groot takkie vars dille, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 bagelbroodjies
  • 200 g gerookte forel
  • groot hand vol vars bronkors (watercress)
  • vars suurlemoenwiggies

Verhit rooster-element van oond. Sit roomkaas in ’n bakkie en meng met fyngekapte dille. Geur met sout en peper. Sny bagels oop en rooster die gesnyde kante tot net bruin. Laat afkoel en smeer een helfte van elke bagel met roomkaasmengsel. Plaas gerookte forel en vars bronkors boop en maak toe met ander helfte van bagel. Geur met swartpeper en sit voor saam met vars suurlemoen.