Een van die maklikste patees om te maak. Jy kan dit al die vorige dag maak en die yskas hou.

Braaityd: sowat 10 minute

  • 15 ml olyfolie
  • 1 x 250 g forelfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van halwe suurlemoen
  • 250 g roomkaas
  • 2 takkies vars dille, fyngekap
  • 6 klein pitabrode
  • 100 g gerookte forel
  • vars takkies dille

Verhit olyfolie in ’n pan. Plaas forelfilet met velkant na onder in die pan. Braai sowat 5 minute en draai vis om. Braai nog sowat 5 minute. Haal uit pan en laat afkoel. Trek vel van vis af. Vlok met ’n vurk en geur met sout en peper. Voeg suurlemoensap by. Voeg roomkaas en dille by. Meng goed. Plaas ’n pitabroodjie op die opdienbord. Sit ’n stukkie gerookte forel bo-op en skep van die patee bo-op. Plaas ’n vars takkie dille bo-op.

Wenk

Vervang die forel met geblikte salm as jy nie forelfilet kan kry nie. Verwyder die vel en grate van die vis en volg die resep hierbo.