(4 klein quiches van 10 cm)

  • 1 x gebakte quiche-basis, tussen vier 10 cm-panne verdeel en gebak (basiese deegresep)

vulsel

  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 300 g gerookte snoek, gevlok, vel en grate verwyder
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 eiers
  • 250 ml room
  • 100 ml melk

Verhit oond tot 180 ºC. Smelt botter in pan en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg soetrissie by en braai vir nog sowat 10 minute tot effens sag. Voeg gevlokte snoek by en geur met peper. Vul quiche-pannetjies. Klits eiers, room en melk saam en gooi oor vulsel. Sit pannetjies op bakplaat en sit in warmoond. Bak vir 30 minute tot vulsel gestol is.

Wenk: Ek sit die quiche-pan op 'n bakplaat in die oond omdat 'n losboom-pan soms kan lek.