Die patee sal 'n week in die yskas hou

(genoeg vir 4)

  • 200 g gerookte snoek
  • 250 g roomkaas
  • 15 ml suurlemoensap
  • 5 sprietuie, fyngekap
  • varsgemaalde swartpeper
  • vars roket
  • 4 snye bruschetta
  • mikrokruie

Verwyder vel en grate van snoek. Plaas in mengbak en vlok tot fyn. Voeg roomkaas, suurlemoensap en sprietuie by en meng goed. Geur met peper. Plaas vars roket op bruschetta-snye. Skep snoekpatee bo-op en garneer met mikrokruie.