4 porsies

  • 1 bossie vars kruie – dille, pietersielie, vars koljander en suring (sorrel)
  • 1 – 2 suurlemoene, in skywe gesny
  • 4 stokvis-filette, elk van 150 – 200 g
  • sout na smaak

Breek kruie en plaas op ’n bord (hou ’n bietjie eenkant vir garnering). Pak die suurlemoenskywe bo-op (hou ’n paar eenkant). Plaas visfilette bo-op en geur met sout. Sit die bord op ’n ronde afkoelrakkie wat in ’n diep pan sal pas. Plaas rakkie in pan en gooi water onderin. Die water moenie aan die bord raak nie. Gooi ’n bietjie sout in die water. Maak pan toe met deksel. Bring water tot kookpunt en stoom die vis vir 15 – 20 minute. Sit voor met vars kruie en suurlemoenskyfies. As jy ’n elektriese stomer het, kan jy dít natuurlik gebruik. Pak dan alles soos hierbo beskryf in jou stomer-rakkie.