6 porsies

• 1 hand vol (30 g) vars pietersielie

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sap en skil van 2 suurlemoene

• 18 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak

• 60 ml kanola-olie

• 6 hout-kebabstokkies

Puree

• 15 ml olyfolie

• 1 klein ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 x 400 g-blik borlotti-bone, gedreineer en afgespoel

• sout en varsgemaalde swartpeper

Kap pietersielie fyn met skerp mes. Voeg knoffel, sap en skil van suurlemoene by. Voeg kanola-olie by en meng goed. Plaas garnale in mengsel en marineer in yskas vir 20 minute. Terwyl garnale marineer, maak die puree so: Verhit olie in middelslag-pot tot warm. Voeg uie by en roerbraai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg bone en knoffel by en braai nog 3 minute. Verwyder van hitte en maak in voedselverwerker fyn tot glad. Geur goed met sout en swartpeper. Kry kole reg tot medium-warm. Ryg garnale op kebabstokkies (3 per stokkie). Geur goed met sout en swartpeper. Braai oor matige kole vir sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met boon-puree. Jy kan ook die witbone vervang met kekerertjies (chick peas), dan is dit soos ’n warm hoemoes.