(30 minute - 4 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 400 ml witrys
  • 5 ml kerriepoeier
  • 5 ml fyn borrie
  • 1 liter water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 g gerookte skelvis, in groot stukke
  • 3 hardgekookte eiers (kook vir 5 minute), in kwarte gesny
  • sap van halwe suurlemoen
  • 30 ml gekapte pietersielie

Verhit die olie in ’n groot kastrol. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die rys, kerriepoeier en borrie by. Braai vir so ’n minuut. Voeg die water by, roer goed en geur met sout en peper. Kook onbedek vir sowat 10 minute - gee net so af en toe ´n roer. Voeg die vis by en laat kook vir nog 10 minute. Die rys sal sag wees en die water meestal weggekook. Skep in ’n opdienbak en rangskik die eierkwarte bo-op. Sprinkel die suurlemoensap en pietersielie oor.