genoeg vir 8

1,75 kg ferm wit vis

45 ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper

100 g (125 ml) suiker

50 ml kerriepoeier

15 ml borrie

15 ml vinkelsaad

15 ml koljander

3 ml rooipeper

750 ml witasyn

125 ml water

4 uie, in ringe gesny

6 lourierblare

Verhit oond tot 200 °C. Plaas vis op bakplaat met velkant na onder. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Bak vir 8 – 10 minute of tot vis goudbruin en gaar is. Plaas intussen res van bestanddele in groot pot en bring tot kookpunt. Laat kook vir 5 minute. Plaas vis in plat glasbak en gooi warm sous oor. Laat koel af tot kamertemperatuur. Maak toe en laat piekel in yskas vir minstens 24 uur.