(4 – 6 porsies)

Sny 1 Engelse komkommer in dik skywe van sowat 1 cm. Breek 200 g gerookte forel in stukkies en plaas op elke stuk komkommer. Meng 100 ml mayonnaise met 5 ml wasabi-pasta. Skep van die mengsel bo-op en garneer met vars roket.