Genoeg vir 12

  • 12 garnale, skoongemaak
  • 12 hout-sosatiestokke
  • 240 g (500 ml) mielieblom
  • 30 g (50 ml) koekmeel
  • 15 ml heel komynsade
  • 1 eierwit
  • 200 ml sodawater
  • olie vir diepbraai
  • 50 ml laktosevrye jogurt

    25 ml kruisement, gekap

  • 25 ml basiliekruid, gekap
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Ryg garnale stertkant eerste op sosatiestokkies. Sif mielieblom en koekmeel saam. Voeg  komyn en eierwit by. Gooi genoeg sodawater by om ’n gladde, loperige beslag te maak.Verhit olie tot warm in middelslag-pot. Doop garnale in beslag en plaas in warm olie. Braai tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Meng res van bestanddele en geur goed met sout en peper vir ’n lekker doopsous om saam met die garnale voor te sit.