Los die sop minstens 4 uur in die yskas. Hoe langer dit staan, hoe beter ontwikkel die geure.

(Genoeg vir 6 – 8)

Braaityd: 5 minute

  • 2 komkommers
  • 400 ml groente-aftreksel
  • 250 ml room
  • 500 ml Bulgaarse jogurt
  • 200 ml tamatiesap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml olyfolie
  • 24 steurgarnale, skoongemaak en stertjies verwyder
  • 2 hardgekookte eiers
  • basiliekruid-mikrokruie

Sny punte van komkommers af en halveer in die lengte. Skraap die pitte uit. Sny komkommers in klein blokkies. Plaas in groot mengbak. Voeg aftreksel, room, jogurt, tamatiesap en knoffel by. Meng en geur met sout en peper. Maak sop toe met kleefplastiek en plaas in yskas. Laat staan minstens 4 uur tot koud. Net voor jy die sop voorsit, verhit olyfolie in pan. Braai steurgarnale tot pienk en gaar. Geur met sout en peper. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel. Druk hardgekookte eiers fyn met vurk. Skep sop in opdienbakkies en plaas steurgarnale bo-op. Sprinkel hardgekookte eier en mikrokruie oor.