Kreef is vir spesiae geleenthede, en vir my is daar geen beter manier om dit te eet nie as koud met mayonnaise. Die wasabi gee die mayonnaise net meer woema.

  • 6 kreefsterte
  • 250 ml mayonnaise
  • 15 ml wasabi-pasta

Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Sit kreefsterte in en laat kook tot die dop rooi word – gewoonlik sowat 10 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny die sterte aan die onderkant oop en haal die vleis versigtig in een stuk uit. Meng die mayonnaise met wasabi-pasta en sit voor saam met koue kreefsterte.