Sit dié een voor met 'n glas yskoue bier.

(4 – 6 Porsies)

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 250 g spek, grofgesny

• 340 ml lager-bier

• 250 ml room

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 1 kg mossels, skoongemaak

Verhit olyfolie in middelslagpot tot warm. Voeg ui, knoffel en spek by en braai 5 – 8 minute of tot dit begin verbruin. Voeg bier by en laat helfte  wegkook. Voeg room by en prut nog 5 minute. Geur goed met sout en peper. Voeg mossels by en plaas deksel op pot. Laat stoom 3 – 5 minute of tot die doppe oopgaan. Verwyder mossels wat nie oopgegaan het nie. Sit voor.