(2 PORSIES)

  • 1 hand vol pietersielie
  • 1 hand vol salieblare
  • skil van 1 suurlemoen, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 ml olyfolie
  • 1 kg vars swartmossels (12 – 15 mossels per persoon, na gelang van die grootte)
  • 40 g Parma-ham, in repies gesny (vervang dit met spek as jy nie ham in hande kan kry nie)
  • 250 ml vars room

Kap pietersielie en salie. Voeg suurlemoenskil en knoffel by en meng. Verhit olyfolie in ’n groot kastrol tot baie warm. Voeg mossels by en sit die deksel op. Wag ’n minuut of twee en lig die deksel om te sien of die mossels oopmaak. Roer dit een of twee keer deur om die hitte eweredig te versprei. Verwyder enige mossels wat nie oopgegaan het nie. Voeg die ham by en roer dit weer. Gooi die room by, verhit tot kookpunt en laat vinnig prut vir 5 minute. Skep mossels in ’n opdienbord en sprinkel gremolata oor. Sit dit voor met vars brood.