'n Eenvoudige, ligte pastagereg.

(genoeg vir 4)

Kooktyd: 10 minute

  • 500 g spaghetti
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 ansjovisfilette, baie fyngekap
  • 500 g baba-tamaties, gehalveer
  • 4 murgpampoentjies, gerasper
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • olyfolie
  • sap van suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook pasta volgens pakkie-aanwysings. Meng knoffel, ansjovis, baba-tamaties, murgpampoentjies en parmesaankaas. Dreineer pasta en voeg by. Besprinkel met genoeg olyfolie en suurlemoensap. Geur met sout en peper en meng goed deur. Sit voor.