Resep deur Adriana Giardini

Dié gereg is altyd by Alibi bedien, dit het bekend gestaan as Fantasia.

Genoeg vir 4

• ½ x basiese pastadeeg – uitgerol in 3 velle

• 2 groot tamaties

Sous

• 100 g gerookte salm

• 15 ml kappertjiesaad

• 50 g ontpitte swart olywe

• 125 ml room

• hand vol vars basiliekruid, grofgebreek

• sout en varsgemaade swartpeper

Stap 1. Plaas ’n afdroogdoek oor die agterkant van ’n stoel. Plaas uitgerolde pasta oor agterkant van stoel en laat hang 30 minute.

stap 1 Stap 1

Stap 2. Gebruik pastamasjien se tagliatelle-snyer en sny pasta op in tagliatelle-repe.

stap 2 Stap 2

Stap 3. Plaas hopies gesnyde pasta op skoon afdroogdoek terwyl jy res van pasta uitrol.

stap 3 Stap 3

Stap 4. Bring pot met water tot kookpunt en dompel tamaties vinnig in water. Haal uit en dompel dadelik in yskoue water – die skille van tamatie sal loskom. Verwyder al die skille en halveer die tamaties. Skep die pitte uit die halwe tamaties en sny tamaties in blokkies.

stap 4 Stap 4

Maak sous só Sny salm in repe en voeg res van sousbestanddele by. Geur goed

met sout en peper. Meng deur. Bring pot met water tot kookpunt en dompel gesnyde pasta in water. Kook 5 – 8 minute of tot pasta op oppervlak van water dryf. Dreineer en meng warm pasta deur koue sous. Sit voor.