Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 15 minute

• 500 g pastaskulpe of pasta van jou keuse

• 1 x 410 g-blik kersietamaties

• 250 ml room

• 70 g tamatiepasta

• hand vol basiliekruid en ekstra vir voorsit

• 3 x 85 g-gerookte oesters in olie

• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook pasta volgens aanwysings op verpakking (onthou altyd om genoeg sout by water te voeg). Plaas tamaties, room, tamatiepasta en basiliekruid in ’n voedselverwerker. Verpulp tot glad. Gooi puree in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Haal af van hitte en voeg oesters met olie by. Dreineer pasta. Gooi oestersous oor en laat staan ’n paar minute voor jy dit voorsit. Geur met sout en peper en sprinkel nog vars basiliekruidblare oor.