(15 minute – 4 porsies)

  • 8 snye witbrood, gerooster
  • 8 snye mozzarella-kaas
  • 16 klein rosa-tamaties, in skyfies gesny
  • 100 g swart olywe, ontpit en gehalveer
  • 8 ansjovis-filette
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruid

Verhit die rooster-element van jou oond. Plaas die roosterbrood op ’n bakplaat. Sit ’n skyf kaas op elke sny. Rangskik die tamatie-skyfies en olywe daarop en plaas ’n ansjovis-filet bo-op. Geur met swartpeper. Rooster tot die kaas net gesmelt is. Haal uit en sprinkel die basiliekruidblare oor.