Maak 'n heerlike burger met 'n viskoekie. Die kombinasie van spek en salm werk ook goed saam.

(4 viskoekies)

  • 2 aartappels, geskil
  • 340 g vars salmfilette
  • 7 takkies Italiaanse pietersielie
  • 1 klein uitjie
  • 10 ml suurlemoensap
  • 1 eiergeel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 repe strepiespek (streaky)
  • sowat 30 ml olyfolie
  • 4 broodrolletjies
  • vars bronkors (watercress)

Plaas aartappels in ’n kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Dreineer en druk aartappels fyn met ’n aartappeldrukker. Verwyder vel van salmfilet. Plaas salm, pietersielie, ui, suurlemoensap en eiergeel in ’n voedselverwerker se bak. Verwerk tot goed gemeng. Skep vulsel uit in ander mengbak, voeg fyn aartappel by en meng. Geur met sout en peper. Verdeel mengsel in vier en vorm viskoekies. Plaas op bord en in yskas. Plaas spek tussen twee lae kleefplastiek en rol uit met koekroller sodat dit dunner en langer is om om die viskoekies te pas. Plaas koekies terug in yskas vir minstens nog 45 minute. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel olyfolie op bakplaat en plaas viskoekies bo-op. Plaas in warm oond en oondbraai sowat 25 minute. Draai om en oondbraai nog sowat 15 minute. Sny broodrolletjies oop en plaas groot hand vol vars bronkors bo-op. Plaas viskoekie bo-op en skep groot lepel Tartaarse sous (resep volg) bo-op. Maak toe met ander helfte van rolletjie.

Tartaarse sous

  • 90 ml mayonnaise
  • 50 ml kappertjiesaad, fyngekap
  • 2 agurkies, fyngekap
  • 5 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele goed en geur met sout en peper.