Genoeg vir 4

Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 500 ml room
  • 50 ml botter, gesmelt
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper
  • 4 – 6 broodrolletjies
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 250 g chorizowors, in ringe gesny
  • 15 ml paprika
  • 2 lourierblare
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 250 ml witwyn
  • 800 g bevrore seekosmengsel, ontdooi
  • hand vol gemengde kruie –pietersielie, dille, grasuie

Verhit oond tot 200 °C. Meng 100 ml room, botter, knoffel en parmesaankaas. Geur met sout en peper. Sny kepe (nie dwarsdeur) in broodrolletjies. Plaas op bakplaat en gooi parmesaan-roomsous oor. Bak in oond tot bros en bruin van kleur. Hou eenkant. Verhit olyfolie in ’n pan en braai ui en chorizo tot bros. Voeg paprika, lourierblaar en suurlemoensap en -skil by, gevolg deur res van room en witwyn. Bring tot kookpunt en voeg seekos en kruie by. Verlaag hitte en kook tot gaar. Geur met sout en peper. Sit voor met broodrolletjie en vars suurlemoen.