(6 - 8 porsies)

  • 13 snye Franse brood
  • 200 g Chevin-bokmelkkaas
  • 13 vars basilieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 40 ml olyfolie
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 3 koppe baba-gemblaarslaai
  • 1 bottel (285 g) artisjokke
  • olyfolie om oor te sprinkel

Verhit roosterelement van jou oond. Plaas snye Franse brood op 'n bakplaat en rooster weerskante. Plaas 'n skyf bokmelkkaas bo-op elke sny en druk 'n basiliekruidblaar bo-op. Geur met sout en peper. Sprinkel met olyfolie en plaas vir sowat 2 minute terug onder die rooster. Halveer repe spek en sit op 'n bakplaat. Rooster in oond tot bros. Rangskik blaarslaai op 'n groot opdienbord. Plaas spek, artisjokke en crostini bo-op en sprinkel 'n bietjie olyfolie oor.