Ertjies is ook lekker koud - dit werk veral goed in 'n slaai.

(Genoeg vir 4 – 6)

Braaityd: 15 minute

  • 500 g bevrore baba-ertjies
  • 30 ml olyfolie
  • 4 chorizo-worse, in skywe gesny
  • 24 steurgarnale, skoongemaak, maar hou stertjie aan
  • 4 knoffelhuisies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 hande vol bronkors (watercress)
  • 30 ml basiliekruid-mikrokruie
  • vars lemmetjies

Crème fraîche-sous

  • 90 ml crème fraîche
  • 2 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml olyfolie

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi ertjies in. Laat staan in water tot ertjies sag is. Dreineer en laat koud word. Verhit olyfolie in pan. Braai worse tot bros en dreineer op kombuispapier. Moenie die olie in die pan weggooi nie, want die steurgarnale word in dieselfde pan gebraai. Sit steurgarnale (nie alles op een slag) saam met knoffel in pan. Braai tot steurgarnale pienk is. Geur met sout en peper. Laat koud word.

Sous Meng al die bestanddele vir sous saam.

SamestellingRangskik bronkors, ertjies, worse en steurgarnale op opdienbord. Sprinkel mikrokruie bo-oor. Sit voor met slaaisous en vars lemmetjies.