Die steurgarnale smaak buitengewoon lekker saam met die pynappel.

Genoeg vir 4

• 700 g steurgarnale, skoongemaak

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 5 ml mielieblom

• 30 ml sonneblomolie

• 10 ml fyngekapte groen brandrissie

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 6 sprietuie, in lang repe gesny

• 140 g mangetout-ertjies

• 30 ml sojasous

• 1 x 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer, maar behou die sap

• 50 g geroosterde kasjoeneute

Stap 1. Plaas steurgarnale in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Voeg mielieblom by en meng goed deur. Laat staan sowat 10 minute.

Micky Hoyle Stap 1

Stap 2. Verhit olie in ’n groot braaipan. Braai steurgarnale sowat 5 minute. Sodra dit pienk is, weet jy dis gaar. Skep uit en hou eenkant.

Mickey Hoyle Stap 2

Stap 3. Roerbraai brandrissie, knoffel, sprietuie, mangetout en sojasous sowat 2 minute in dieselfde pan. Voeg 15 ml pynappelsap by en braai nog 1 minuut.

Mickey Hoyle Stap 3

Stap 4. Voeg pynappel, neute en steurgarnale by. Roerbraai so 1 minuut en sit warm voor.

Mickey Hoyle Stap 4