Genoeg vir 4

• 350 g steurgarnale in die dop

• 900 g skoongemaakte steurgarnale

• 15 ml borrie

• sout

• 200 ml sonneblomolie

• 4 uie, grofgekap

• 3 ml fyngekapte vars gemmer

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 30 ml fyn komyn

• 5 kardemompeule

• 4 groen brandrissies, in lengte oopgesny (nie dwarsdeur)

• 1 x 400 ml-blik klapperroom

• vars lemmetjies

• poppadoms

Verwyder die dermkanaal van die steurgarnale in die dop. Plaas al die steurgarnale in ’n mengbak en gooi 5 ml van die borrie oor. Geur met sout en meng deur tot al die steurgarnale bedek is met borrie. Verhit 30 ml van die sonneblomolie in ’n pan. Braai steurgarnale tot net gaar en hou eenkant. Plaas uie in ’n voedselverwerker en verpulp tot pasta vorm. Verhit res van olie in ’n diep pan. Voeg uiepasta by en braai 10 minute oor matige hitte. Voeg gemmer, knoffel, komyn, kardemom en res van borrie by. Geur met sout en braai sous sowat 5 minute. Voeg oopgesnyde brandrissies en klapperroom by. Kook sowat 10 minute oop. Voeg steurgarnale by en kook nog sowat 5 minute. Sit warm voor saam met lemmetjies en poppadoms. (Berei poppadoms voor volgens aanwysings

agterop verpakking.)