.

As kinders is ons dikwels bederf met ’n Sondag-middagete by die hotel. Dit was vir my die toppunt van grênd wees en om hierby aan te sluit het ek dan altyd 'n steurgarnaal-kelkie bestel. Dit was aaklig - grotendeels mayonnaise, iets pienks wat dalk steurgarnale kon wees en ’n dik laag blaarslaai vir ’n bietjie kleur.

Gelukkig het ons vandag soveel meer kreatiewe opsies om steurgarnale op die tafel te sit dat jy nooit weer die vervelige steurgarnaal-kelkie of gewone tempura-garnale op die spyskaart hoef te hê nie.

Liezl se onthou-dinge

Ons is gewoond aan vis-en-tjips en sommer ook  elke ander seekos wat altyd diepgebraai word. Natuurlik is enigiets wat in olie gebraai word drie maal lekkerder en dié resep wys hoe jy die outydse vis-en-tjips kan optof met ’n splinternuwe baadjie.

Wenk: Toets jou olie deur een steurgarnaal eers in die olie te plaas. As die olie te warm is, sal die doppie buite onmiddellik pienk-gaar word sonder dat die binnekant gaar is.

(Klik op die foto of die resep se naam om die resep te kry)

Steurgarnale-en-tjipsSteurgarnale-en-tjips

Moet nooit weer seekos-pasta maak met die supermark se goedkoopste marinara-mengsel nie. Dié pasta bak net 20-30 minute in die oond sodat jy vinnig aandete op die tafel kan kry.

Steurgarnaal-pastaSpaghetti-steurgarnaal-gebak

Steurgarnale is die perfekte pasmaat vir ’n Spaanse gereg. Jy dink dalk paella is ook outyds en vervelig, maar dié kombinasie van chorizo en steurgarnale is ongelooflik lekker. Kry ’n yskoue bier en geniet die Spaanse resep op ’n lekker somersdag!

PaellaSpaanse seekos-paella

Steurgarnale-op-’n-stokkie is altyd ’n partytjie-treffer. Moenie weer jou garnale met die gewone soetrissie-brandsous bedien nie, probeer eerder dié resep:

Gremolata-steurgarnaal

Gremolata-steurgarnale-op-witboon-puree

Seekos is veral lekker in die somer en op warm dae is dit ideaal om iets vars daarby voor te sit. Kombineer steurgarnale met ’n slaai of sit dit voor met koue sop om jou gaste af te koel.

Steurgarnaal-en-ertjieslaaiSteurgarnaal-en-ertjieslaai

Komkommer-joogurtsop met steurgarnale

Koue komkommer-jogurt-sop met steurgarnale

Kyk ook uit vir die Oktober-uitgawe van SARIE met die artikel oor seekos.

Seekos op ys

Gaan probeer nou iets nuuts met steurgarnale en verras jouself met dié nuwe resepte!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets KokVolg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok