Genoeg vir 6

• 45 ml kanola-olie

• 1 ui, fyngekap

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 250 g laevet-spek, grofgesny

• 340 ml lagerbier

• 250 ml laevet-room

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 500 g steurgarnale, skoongemaak

• hand vol koljander, fyngekap

Verhit olie in middelslag-pot tot warm. Plaas ui, knoffel en spek in olie en braai 5 – 8 minute of tot dit begin verbruin. Voeg bier by en laat helfte wegkook. Voeg room by en prut nog 5 minute. Geur goed met sout en peper. Voeg garnale by en plaas deksel op pot. Laat stoom 3 – 5 minute of tot garnale pienk en gaar is. Roer koljander deur. Sit voor.