Tempura is 'n Japannese gaarmaakmetode vir veral seekos en groente. Dit word in 'n ligte beslag van meel, mielieblom, eier en yskoue water of soda water gedoop en dan gediepbraai. Tradisioneel word die beslag met eetstokkies aangemaak. Die gaar gereg moet dadelik geëet word om te keer dat dit pap word.

(Genoeg vir 4)

Braaityd: sowat 3 minute

  • 100 g (200 ml) koekmeel
  • 125 ml mielieblom
  • 1 eier
  • 190 ml koue sodawater
  • sowat 500 ml sonneblomolie
  • 20 groot steurgarnale (tiger prawns), skoon met stertjie
  • sowat 10 groot vars basiliekruidblare

Wasabi-mayonnaise

  • 100 ml mayonnaise
  • 15 ml wasabi-pasta

Meng goed en skep in bakkie.

Stap vir Stap

Stap 1. Meet bestanddele vir beslag af.

Stap 1

Stap 2. Sif koekmeel en mielieblomsaam in mengbak. Klits eier en sodawater saam

Stap 2

Stap 3. Maak holte in middel van meelmangsel. Voeg eier-en0sodawatermengsel by en klits goed saam tot daar geen klonte is nie.

Stap 3

Stap 4.  Verhit olie in kastrol. Doop steurgarnale in beslag en laat sak in olie. Braai so drie op ’n slag. Draai om met gaatjieslepel. Wanneer beslag bros is, maar nog nie goudbruin nie, haal uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal met res van garnale. Doop blare in beslag en braai ook tot bros. Dreineer en sit dadelik voor met steurgarnale en wasabi-mayonnaise.

Stap 4