4 porsies

  • 1 kg toeskulp-mossels, baard verwyder
  • 100 ml witwyn
  • 25 ml olyfolie
  • 1 rooi-ui, gekap
  • 2 rooi brandrissies, gekap
  • 2 groen brandrissies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 bossie pietersielie, grofgekap
  • 40 g broodkrummels

Verhit ’n groot kastrol met sy deksel op. Voeg mossels en witwyn by en maak toe met deksel. Laat stoom tot mossels oopgaan. Gooi die mossels wat nie oopgegaan het nie, weg. Verwyder van hitte en laat afkoel. Plaas ’n groot hand vol gedroogde dennenaalde in ’n swartpotjie. Hou die deksel van die potjie eenkant. Verwyder mossels uit skulp en plaas in een laag in ’n bamboes-stomer. Steek dennenaalde aan die brand en laat brand tot die vlam net wil begin doodgaan. Plaas die bamboes-stomer bo-op die dennenaalde en maak onmiddellik toe met potjie se deksel. Laat staan vir 1 uur. Verhit olyfolie in pan en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg brandrissies by en geur met sout en peper. Haal mossels uit bamboes-stomer en voeg by ui in die pan. Voeg pietersielie en broodkrummels by en meng deur. Skep die gerookte mossels terug in die skulpe en skep die brandrissie-en-broodkrummelmengsel bo-op.