(2 PORSIES)

Tamatie-sous

  • 2 teelepels kokosneutolie
  • ½ groot ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamatie
  • 1 teelepel origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die uie in die olie tot sag. Voeg die knoffel by en braai nog ’n paar minute. Voeg die tamatie en origanum by, sowel as sout en peper na smaak. Prut omtrent 15 minute lank op die stoof totdat dit dik

is. Verwerk die sous in ’n versapper of bedien net so.

Frikkadelle

  • 150 g vars tuna, gesnipper, of dieselfde hoeveelheid blikkiestuna, gedreineer
  • 40 g dennepitte, lig gerooster in ’n droë pan
  • ½ teelepel fyn kaneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 teelepel gedroogde origanum
  • handjie vol pietersielie, gekap
  • 50 g vars broodkrummels
  • 1 eier, effens geklits
  • skil en sap van een lemmetjie of suurlemoen
  • vars Italiaanse pietersielie, gekap
  • 250 g spaghetti

Sit tuna, dennepitte, kaneel, sout, peper, origanum, pietersielie en broodkrummels in ’n groot mengbak. Voeg eier plus sitrusskil en -sap by en meng goed met jou hande. Vorm nou balletjies. Verhit die olie in ’n pan en braai die frikkadelle stuksgewys tot hulle goudbruin is. Dreineer hulle op ’n papierhanddoek.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Bedien met tamatie-sous en frikkadelle en garneer met pietersielie.