(4 porsies)

Verhit 30 ml olyfolie in diep pan. Voeg 1 fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai tot sag en deurskynend. Voeg 1 blik (400 g) gekapte tamaties en sap van ½ suurlemoen by. Voeg nou 5 ml borrie, 10 ml garam-masala, 2 ml fyn gemmer, 1 ml fyn kaneel, 5 ml fyn komyn, 10 ml fyn koljander en 1 blik (400 ml) klappermelk by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.Laat prut oop vir sowat 20 minute. Sny 900 g bevrore stokvis in groot stukke. Plaas in sous en laat prut oop tot vis gaar is – so 15 – 20 minute. Voeg hand vol grofgekapte vars koljander by en sit voor saam met rys.