• Maak ’n tertkors in ’n kits met Bakers se gerieflike sakkie Tennis-koekiekrummels. Sowat R10,99 vir ’n 250 g-pakkie.

  • Ekstra romerig nes die Italianers dit maak, dis Lancewood se mascarpone. Kyk uit vir die nuwe verpakking by supermarkte (250 g teen sowat R24,99).

  • Dis nou kersietyd en die vars rooi vruggies is ’n moet vir enige nageregtafel. Pick n Pay se kersies is sappig en soet – sowat R19,99 vir 250 g.

Smelt 200 g botter en meng met die koekiekrumels. Voeg 5 ml vanieljegeursel by. Hou eenkant. Klits 250 g mascarpone met elektriese handklitser terwyl jy 105 g (125 ml) strooisuiker byvoeg. Hou aan klits tot dik en romerig. Skep dun lagie koekiekrummels in 6 glase van jou keuse. Skep ’n laag mascarpone-mengsel bo-op. Herhaal lagies van krummels en mascarpone tot glas vol is. Rond af met kersies en sit voor.