(Genoeg vir 4)

  • 2 x 400 g-pakkies bevrore aarbeie
  • 1 x 250 ml-houer dubbeldik room
  • 1 hand vol kruisementblare
  • 80 ml strooisuiker
  • warm water

Plaas aarbeie, room, kruisement en suiker in voedselverwerker met metaallem – dit moet ’n plat, ronde verwerker wees met ’n los deksel. Verwerk op hoë spoed tot mengsel soos dik, romerige roomys begin lyk. As dit lyk of die vrugte te hard gevries is, gooi ’n klein bietjie warm water by terwyl die menger loop sodat die aarbeie sagter word. Sit dadelik voor of skep in ’n roomysbak en hou in die vrieskas tot jy dit voorsit.

Wenk

Dit lyk dalk asof die mengsel sukkel om puree te word, maar ná ’n paar minute sal die mengsel skielik bymekaarkom. Jy kan enige ander bevrore vrugte gebruik, soos mango en frambose.