4 porsies

  • 250 g aarbeie
  • 250 g rabarber
  • 50 ml aarbeistroop
  • sowat 100 ml water
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 100 – 150 g Boudoir- koekies
  • 60 ml lemoenlikeur
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 250 g ricotta- of roomkaas

Bo-laag

  • 150 g aarbeie, in skywe gesny
  • 30 g gekapte pistasieneute

Was aarbeie en sny blaar-gedeeltes af. Was, skil en sny rabarber in skywe (verwyder ente). Kook rabarber saam met aarbeistroop en water tot sag. Dreineer. Sny elke aarbei in 3 skywe. Meng aarbeie, rabarber en 50 g van die suiker. Voer ’n vierkantige bak uit met ’n derde van die koekies en besprinkel met 20 ml lemoenlikeur. Smeer ’n derde van aarbeimengsel bo-op. Meng mascarpone met ricotta-kaas en res van suiker. Smeer ’n derde van mengsel bo-op aarbeilaag. Herhaal die pak-proses (koekies, vrugte, kaas) nog 2 keer sodat jy eindig met ’n mascarpone-laag. Versier met die 150 g aarbeie. Sprinkel pistasieneute oor. Verkoel vir minstens een uur voordat jy dit voorsit.