Ysstokkies is so maklik om te maak. Jy koop die sap en voeg dan verpulpte vrugte by.

(sowat 8 ysstokkies)

  • sowat 120 g vars aarbeie
  • 250 ml aarbeisap
  • 15 ml strooisuiker

Verwyder die blare van die aarbeie en was hulle in water. Plaas vrugte in voedselverwerker saam met sap en suiker en verpulp tot glad. Gooi uit in beker en gooi in roomysvorm. Elke holte in die vorm het ’n volume van 75 ml. Laat vries tot hard in vrieskas, verkieslik oornag.

Wenk

As daar baie skuim bo-op die sapmengsel is, kan jy dit afbrand met ’n brander – die een wat jy gebruik om crème brûlée te maak.