Kombinasie wat die smaakkliere sal laat juig.

Vulsel genoeg vir sowat 40 – 50

• 4 aartappels, geskil

• sowat 30 ml sonneblomolie

• 2 uie, gehalveer en in skywe gesny

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 200 g baba-spinasieblare

• 50 g (55 ml) botter

• 240 g cheddarkaas, gerasper

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 20 ml groen brandrissie, fyngekap

• 1 pak samoesa-deeg

Plaas aartappels in kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag – wees net versigtig dat dit nie uitmekaar kook nie. Verhit intussen olie in ’n diep pan. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Spoel spinasieblare deeglik af en plaas in ’n groot mengbak. Gooi kookwater oor en laat staan sowat 5 minute tot heeltemal sag. Dreineer en druk alle vloeistof uit. Kap fyn. Wanneer aartappels sag is, dreineer in ’n vergiettes. Plaas warm aartappels in ’n mengbak en druk fyn met vurk. Voeg botter by en meng goed. Voeg gebraaide uie, spinasie en kaas by. Geur met sout en peper en voeg brandrissie by. Meng. Laat heeltemal koud word voor jy samoesas vou en diepbraai