(6 - 8 porsies)

  • 2 - 3 groot preie, in skywe gesny
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • 250 g broskorsdeeg, gekoop of tuisgemaak
  • 3 eiers
  • 3 e melk
  • 5 e meel
  • gerasperde vars neutmuskaat
  • 60 g botter
  • 2 e crème fraîche
  • 250 g gerasperde gruyèrekaas (of 'n plaaslike kaas soos cheddar)
  • sout en peper

Kook preie vir 10 minute in die hoenderaftreksel. Haal kastrol van hitte af. Skep 'n halwe koppie van die warm vloeistof uit en hou eenkant voordat jy die preie dreineer. Rol deeg uit, voer 'n gebotterde tertpan van 25 cm daarmee uit, en prik bodem 'n paar keer met 'n vurk. Bak vir 10 minute in 'n voorverhitte oond teen 180 °C. Haal uit, maar hou die oond warm. Intussen meng jy die eiers, melk en meel in 'n bak saam met 3 eetlepels van die hoenderaftreksel en rasper 'n bietjie neutmuskaat by. Smelt helfte van die botter in dieselfde kastrol waarin die preie gekook is. Voeg gedreineerde preie by en "laat sweet" oor lae hitte tot vloeistof heeltemal verdamp het. Voeg res van die botter en eiermengsel by preie en roer aanhoudend vir 7 - 8 minute tot dit verdik. Haal van hitte af. Voeg room en helfte van die kaas by, asook sout en peper na smaak. Skep preivulsel in die gebakte tertkors en strooi res van kaas oor. Bak vir 10 minute, steeds teen 180 °C, tot kors bros en goudbruin word.