(sowat 24 koekies)

  • 150 ml heuning
  • 125 g botter
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 300 g (535 ml) koekmeel
  • 100 g fyn amandels
  • 100 g witsjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Meng heuning, botter, bruinsuiker en vanielje saam tot lig en romerig. Voeg meel en amandels by en meng goed tot sagte koekiedeeg. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir sowat 20 minute. Rol uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik. Sny patrone uit met 'n skerp koekiedrukker van jou keuse. Sit op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende sproei gespuit is. Druk patrone op koekies met 'n sosatiestokkie. Bak vir 12 - 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Doop koekies in witsjokolade en laat stol.