(10 minute – 4 porsies)

  • 1 Franse brood (baguette), in skywe gesny
  • sowat 30 ml olyfolie
  • 1 heel knoffelhuisie
Koop die volgende antipasta:

  • sowat 10 snye salami
  • 1 houer (200 g) taramasalata
  • 1 houer (200 g) tzatziki
  • klein piekeluitjies
  • 250 g fetakaas
  • 8 dolmades
  • 100 g swart olywe

Verhit die rooster-element van jou oond. Plaas die skywe Franse brood op ’n bakplaat en besprinkel met olyfolie. Rooster weerskante tot goudbruin (jy maak nou crostini). Vryf dan elke stukkie met die knoffelhuisie. Rangskik die antipasta op ’n opdienbord en sit voor saam met die crostini.