Resep deur Nadège

Genoeg vir 1 groot koek

• 70 g (125 ml) koekmeel

• 30 ml bakpoeier

• knippie sout

• 2 eiers, geskei

• 50 g (60 ml) suiker

• 20 g (25 ml) botter, gesmelt

• 100 ml melk

• 5 ml vanieljepoeier

• 3 Golden Delicious-appels

• 3 pere

Karamelsous

• 100 g (125 ml) suiker

• 125 ml room

• 10 ml pienk sout

Verhit oond tot 200 °C. Meng meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Hou eenkant. Klits eiergele en suiker saam tot lig en skuimerig in bak van elektriese menger. Voeg eierwitte, botter, melk en vanielje by. Klits weer. Voeg droë bestanddele by terwyl menger loop. Verdeel beslag tussen twee bakke. Skil appels en ontklok. Halveer appels en sny met skerp mes in papierdun skywe. Gooi skywe appels in een bak met beslag en meng deeglik deur. Ontklok en skil pere en sny ook in papierdun skywe. Gooi peerskywe in ander bak met beslag. Smeer oondbak van 20 x 15 cm met ekstra botter en bedek botter met dun lagie ekstra koekmeel. Skep appelmengsel in oondbak en maak gelyk bo-op. Skep peermengsel bo-op en maak weer gelyk. Bak 35 minute. Laat oornag in yskas afkoel. Maak nou die sous. Plaas suiker in middelslag-kastrol en roer oor lae hitte met ’n houtlepel tot dit begin smelt. Voeg room en sout by en meng deur. Sny koek in skywe en sit voor met sous