WoodenSpoon Promosie Resep

Genoeg vir 4

• 8 Golden Delicious-appels

• 130 g (160 ml) suiker

• 15 g (30 ml) koekmeel

• 10 ml kaneel

• 30 ml gesmelteWoodenSpoon YellowMargarine

Bolaag

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 160 g (200 ml) suiker

• 5 ml kaneel

• 80 g (90 ml)WoodenSpoonWhite Margarine

Verhit oond tot 180 °C. Skil appels en plaas in bak met koue water en bietjie sout om te keer dat appels bruin word. Ontklok appels en halveer. Sny in dun skyfies. Plaas in mengbak en voeg suiker, meel, kaneel en gesmelte margarien by. Meng goed deur en skep in 4 bakkies van sowat 13 cm in deursnee.

Bolaag Meng meel, suiker en kaneel in ’n mengbak. Sny margarien in blokkies en voeg by. Vryf margarien in meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Skep op appels in bakkies en plaas in oond. Bak sowat 30 minute en sit warm voor saam met styfgeklopte room.