Appelpastei was nog nooit so

spoggerig nie!

6 porsies

• 8 appels

• 100 g bruinsuiker

• 100 g rosyntjies

• 10 ml vanielje

• sap en skil van 2 suurlemoene

• 1 x 400g-rol blaardeeg

• 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik skerp mes en sny die bokant van 6 appels

gelyk af. Gebruik ’n lepel en skep eers die stronk uit en gooi weg. Skep res

van appel se die binne kant uit, los sowat 5 mm rondom oor.Hou eenkant.

Skil en ontklok die oorblywende twee appels. Sny in klein blokkies. Sny

die appel wat jy uitgeskep het ook in blokkies. Meng met suiker, rosyntjies,

vanielje, sap en skil van suurlemoen. Skep terug in uitgeholde appels. Plaas

op bakplaat. Sny blaardeeg in 3 mm dik repe. Pak in ’n latwerk-patroon

bo-op appels. Sny deeg wat oorhang netjies af. Verf met geklitste eier. Bak

vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit voor met room.