genoeg vir 8

  • 10 g sout
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 20 ml heuning
  • 45 ml olyfolie
  • 1 kg koekmeel

Plaas 600 ml louwarm water saam met die sout, gis, heuning en olie in ’n middelslag-mengbak en meng goed. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te klam is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestrooide werkvlak tot deeg glad en elasties is. Sit in ’n bak wat met olie gesmeer is en draai toe in kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30-45 minute. Kry intussen die kole reg. Dit moenie te warm wees nie – jy moet jou hand sowat 20 sekondes bo die kole kan hou. Sprinkel koekmeel op werkvlak en keer deeg uit. Druk dit plat tot sowat 1 cm dik. Sny in lang repe van sowat 5 cm breed en dan elke reep in porsies van sowat 8 cm lank. Laat nog 10 minute rys op ’n meelbestrooide bord. Braai stadig oor warm kole tot goudbruin en gaar, 5-8 minute per kant. Sit warm voor met botter en vyekonfyt. Wenk Jy kan die deeg ook by jou naaste supermark se bakkery koop