Resep deur Tannie Poppie

Gebruik vars of geblikte aspersies. Sit voor saam met slaai vir ’n lekker vegetariese ete.

Genoeg vir 1

• 1 x basiese korsresep

• 6 groot uie, fyngekap

• 55 g (60 ml) botter

• 400 g geblikte aspersies, of vars en in stukke gesny

• 500 ml gerasperde kaas

• sout

• 2 eiers, geklits

• 250 ml suurroom

Maak kors aan volgens resep en voer ’n losboom-tertpan van 30 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Braai uie in die botter tot sag. Meng uie met die ander bestanddele en skep in die kors. Bak 30 – 40 minute of tot goudbruin en gestol. Laat afkoel en sit voor.