• kanola-olie vir diepbraai
  • roomys-houtstokkies
  • 250 g (1 pak) klein Bar-one-stafies
  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 105 g (125 ml) strooisuiker
  • 250 ml melk

Verhit olie in ’n kastrol. Druk stokkies in Bar-one-sjokoladestafies en plaas in die vrieskas. Meng droë bestanddele saam en voeg melk by. Klits tot goed gemeng. Doop koue sjokoladestafies in beslag en diepbraai tot ligbruin. Plaas op kombuispapier en sit warm voor.

Wenk: Toets altyd ’n bietjie van die beslag in die olie voor jy diepbraai om seker te maak die olie is warm genoeg.