Bestel die snit by die slagter.

Genoeg vir 6

• 8 beeswange

• sowat 70 g (125 ml) koekmeel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• sowat 80 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 selderystingels, in klein blokkies gesny

• 1 wortel, skoongeskraap en in blokkies gesny

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties

• 250 ml beesaftreksel

• 500 ml rooiwyn

• 2 lourierblare

• 3 takkies vars tiemie

• 3 heel knoffelbolle

• sowat 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Bedek elke beeswang met meel. Skud oortollige meel af. Geur met sout en peper. Verhit 80 ml olie in kastrol. Braai beeswange (nie almal gelyk) weerskante vir ’n paar minute. Haal uit en hou eenkant. Gooi ui, seldery, wortel en knoffel in dieselfde kastrol. Braai tot sag. Plaas vleis terug in kastrol en voeg tamaties, aftreksel, wyn, lourierblare en tiemie by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in oond. Oondbak sowat 2½ uur tot vleis sag is. In die laaste halfuur sny jy die knoffelbolle bo oop. Plaas op ’n bakplaat en gooi 60 ml olie oor. Plaas in oond en bak 30 minute tot sag.